R800,000

R800,000

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong
2
Bedrooms
1
Bathrooms
Exclusive Mandate
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

KLEINER WONING, GROTER LEWENSGENOT – JOU DROOMAFTREDE BY DIE OOG!

Web Ref. BSH-RS01010
Floor size 77.00 m²
Monthly Bond Repayment
R8,121.83
EKSKLUSIEWE MANDAAT – Bekoorlike, opgegradeerde 2-slaapkamer grasdakwoning in Die Oog Aftree Landgoed

Kom beleef ’n nuwe hoofstuk van jou lewe in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie besonder netjiese en opgegradeerde grasdakwoning bied die perfekte geleentheid vir ’n enkelpersoon of egpaar wat op soek is na ’n kleiner, gemaklike aftreewoning sonder om lewensgehalte prys te gee.

Die woning beskik oor twee slaapkamers en een badkamer met direkte toegang vanaf die hoofslaapkamer. Die oopplan kombuis, eetarea en sitkamer vorm ’n gesellige leefruimte. ’n Besondere bonus is die plafon in die sitkamer, wat ’n waardevolle toevoeging tot hierdie grasdakwoning is.

Die ruim hoofslaapkamer spog met oorgenoeg ingeboude kasruimte. Die kompakte, smaakvol opgegradeerde kombuis is doelmatig ontwerp en afgewerk met pragtige granietwerkblaaie.

’n Groot glasskuifdeur verbind die sitkamer met die tuin en lapa, waar heerlike Bosveldmiddae en gesellige kuiers op jou wag. Die buiteruimte bied ook genoeg geleentheid vir diegene wat graag in die tuin woel.

Die kleiner tweede slaapkamer bied verskeie gebruiksmoontlikhede en kan ingerig word as ’n gastekamer, studeerkamer, stokperdjiekamer of ekstra pakruimte.

’n Onderdakparkeerplek vir een voertuig rond hierdie aantreklike eiendom af.

Meer as net ’n aftreewoning – ’n besondere leefstyl

By Die Oog Aftree Landgoed word die gerief van alledaagse behoeftes gekombineer met die voorreg om in ’n pragtige natuurlike omgewing te woon.

Inwoners het toegang tot ’n verhitte swembad, sorgeenheid, restaurant en geriefswinkeltjie. Naboomspruit is slegs 16 km vanaf die landgoed, met Checkers Sixty60 wat tot by Die Oog aflewer en plaaslike apteke wat daagliks medisyne en voorskrifte aflewer.

Die verhitte swembad bied die ideale geleentheid om ná ’n besige dag te ontspan, saam met medeinwoners te kuier of bloot die rustigheid van die Bosveld onder ’n sterrehemel te geniet.

Bly aktief, ontmoet nuwe mense en geniet elke dag

Die Oog bied ’n groot verskeidenheid aktiwiteite vir inwoners met uiteenlopende belangstellings. Van Pilates, stoel-Pilates, MAP-oefeninge, strekklasse en lyndans tot jukskei, putt-putt, voëlkyk, boomkyk, fietsry, draf en georganiseerde natuurstaptogte.

Vir natuurliefhebbers wat eerder hul eie pas wil volg, bied die natuurreservaat ’n heerlike omgewing vir rustige uitstappies en pieknieks.

Die restaurant en eetarea is daagliks oop en bied ’n uitgebreide spyskaart met gereelde spesiale aanbiedinge. Hier word ’n heerlike ete dikwels sommer ook ’n gesellige kuiergeleentheid saam met vriende.

Die pooltafels op die stoep bied verdere geleentheid vir ontspanning, pret en lekker saamkuier.

Aftrede soos dit bedoel is

Hier gaan aftrede nie oor stilstaan nie, maar oor die vryheid om elke dag voluit te geniet.

Hierdie bekoorlike woning bied jou die geleentheid om deel te word van ’n hegte gemeenskap waar natuur, vriendskap, rustigheid en ’n aktiewe leefstyl deel vorm van jou alledaagse bestaan.

Kom maak Die Oog jou nuwe tuiste – waar aftrede die begin van ’n heerlike nuwe avontuur is!

Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.
Monthly Levy R4,315
Monthly Rates R688
Total R5,003

Features

Interior
2 Bedrooms
1 Bathroom
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
1 Parking
Pet Friendly
Pool
Sizes
Floor Size 77 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Irrigation System
Smoking Allowed
Lapa
Access Gate
Clubhouse
Garden
Paveway
Security Post
Listing Info
Date Listed 27-11-26
Time Listed 08:35

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.