R780,000

R780,000

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong
3
Bedrooms
2
Bathrooms
Exclusive Mandate
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

Waar Gerief en Natuur Ontmoet – Kammaland op sy Beste

Web Ref. BSH-RS00903
Monthly Bond Repayment
R7,656.81
EKSKLUSIEWE MANDAAT - 3-Slaapkamer 2 badkamer Bosveldwoning in Kammaland – Aandele-eienaarskap

Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer woning in die rustige Kammaland-landgoed bied die ideale balans tussen gesinslewe en gemaklike afskaal.

Die ontwikkeling bestaan uit slegs 38 huise en is veilig omhein met ’n geoutomatiseerde toegangshek. Inwoners en hul besoekers kan ook gebruik maak van ’n gesamentlike swembad – perfek vir sorgelose kuiertyd. Die natuurlike omgewing is besonders aantreklik, met njalas wat gereeld langs die heining beweeg en rooibokkies wat op die grasperke kom kuier.

Jy betree die woning by die voordeur direk in die sitkamer – knus maar voldoende. Reg voor jou is ’n slaapkamer met ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer.
Links vanaf die sitkamer lei ’n gang na die res van die huis. Aan die regterkant van die gang is die ruim kombuis, terwyl daar aan die linkerkant nog twee slaapkamers is. Aan die einde van die gang is ’n tweede badkamer wat hierdie kamers bedien.

Die kombuis is ruim en prakties uitgelê en vloei uit na ’n gesellige kuierstoep waar ure se kwaliteit familietyd geniet kan word – ’n ideale spasie vir ontspan en onthaal.

Die woning is groot genoeg vir ’n gesin, maar ook perfek geskik vir diegene wat wil afskaal sonder om te veel ruimte prys te gee.

Bykomende kenmerke sluit in:
• ’n Buitegebou vir ekstra stoorplek
• 3 watertenks met ’n drukpomp vir betroubare watervoorsiening
• 6 sonpanele en 1 battery – voldoende vir noodkrag om die noodsaaklikhede aan die gang te hou

Hierdie eiendom bied ’n rustige Bosveld-leefstyl met praktiese geriewe en natuurlike skoonheid – ’n uitstekende geleentheid vir die Bosveld- en natuur liefhebber.

SLEGS KONTANT KOPERS

Vrywaring:
Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Monthly Levy R1,950

Features

Interior
3 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
3 Parkings
Additional Amenities
Backup Water
Smoking Allowed
Family / TV Room
Access Gate
Fence
Garden
Scenic View
6 Solar Panels with invertor and battery
Waterfilter in kitchen
Gesamentlike Swembad
Listing Info
Date Listed 07-04-26
Time Listed 19:39

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.