R480,000
Die ideale knus maar voldoende eiendom vir Seniors of enkellopende middeljariges
Hierdie klein maar gerieflike grasdak-huisie is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed en bied die ideale kombinasie van gemak, praktiese uitleg en rusplek met ’n aktiewe leefstyl.
Die huisie beskik oor twee slaapkamers en een badkamer met ’n bad, toilet en wasbak. Die bad kan maklik vercvabg word met ’n stort indien verkies. Die oopplan kombuis-, eet- en sitarea skep ’n gesellige ruimte wat maklik ingerig kan word vir gerieflike, alledaagse leef.
Wat hierdie eiendom werklik besonders maak, is die heerlike, skaduryke kuierarea voor die huisie – ’n perfekte plek vir ontspan, lees of gesellige kuiers saam met vriende en bure. Die natuurliefhebber kan ure hier spandeer om die dierelewe en voellewe dop te hou. Gereelde besoekers soos Bosbokkies, gebande muishondjies, ens. en 'n ryk verskeidenheid geveerde vriende waarborg 'n rustigheid van eie soort.
Hierdie woning is ideaal vir ’n enkel persoon wat op soek is na ’n gerieflike, ongekompliseerde leefstyl binne stapafstand van die saal, swembad, restaurantjie, winkel en eetsaal. Die sentrale ligging verseker maksimum gerief en maklike toegang tot al die geriewe.
Die Oog Aftree Landgoed staan bekend vir sy leuse van “aktiewe veroudering” en ’n dinamiese gemeenskapslewe. Inwoners kan deelneem aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite soos jukskei, put-put, pooltafels, pilates, MAP-oefeninge, strekklasse en wateroefeninge ens. Die landgoed spog ook met ’n pragtige natuurreservaat waar inwoners kan stap, fietsry, piekniek hou of bloot die natuur geniet.
Die eetsaal bied heerlike, bekostigbare maaltye, wat beteken dat alleenlopers selde nodig het om self kos te maak. Gereelde pret-oggende, stoepbyeenkomste en sosiale geleenthede sorg dat daar altyd iets is om na uit te sien.
Hier woon jy in ’n vriendelike, omgee-gemeenskap met ’n sorgsentrum en toegewyde personeel — ’n plek waar jy veilig, gerieflik en voluit kan leef.
Hierdie huisie bied die perfekte geleentheid om deel te word van ’n lewenslustige gemeenskap waar daar werklik nooit ’n vervelige oomblik is nie
Features
Finance
R0,00
R0,00
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.