R750,000
Gemaklike 2-Slaapkamer, 2- badkamer Aftree Eenheid in Die Oog Leefstyl Landgoed
Bied jy vir jouself die geskenk van rustigheid en ’n gemeenskap-gedrewe leefstyl in hierdie pragtige 2 slaapkamer, 2 badkamer eenheid in die gewilde Die Oog Aftree Leefstyl Landgoed – geleë in die hartjie van die bosveld.
Perfek geplaas slegs ’n klipgooi van die jukskei-bane en die gewilde Njala Lapa, waar vriendskappe gesmee word oor ’n kolebraai of geleentheid. Die eetsaal, winkeltjie en warmwater-swembad is alles binne loopafstand – ideaal vir diegene wat die buitelug en ’n aktiewe leefstyl geniet.
By aankoms word jy verwelkom deur jou eie klein privaat lapa met ingeboude braai, wat lei na ’n skuifdeur en ‘n oopplan sitkamer, eetarea en goed toegeruste kombuis met genoeg kasruimte. Uit die kombuis lei ’n kort gang na die spaarbadkamer, gastekamer aan die linkerkant, en die hoofslaapkamer met en-suite badkamer aan die regterkant. Die hoofslaapkamer is ruim genoeg vir ’n koningingrootte bed, met verbasend baie pakplek.
Hierdie huisie is die ideale “toesluit-en-toer” oplossing – maklik om te onderhou, veilig en gemaklik.
Wat hierdie landgoed besonders maak, is die unieke “omgee” kultuur en die toegang tot die natuurreservaat, waar jy na hartelus kan stap, wild besigtig en aan voël- en boomkykdae kan deelneem. Vir die sosiale siel is daar altyd iets aan die gang: van Sondagdienste, Pilatus en stoelpilatus, MAP-oefeninge, lyndanse, tot verskeie funksies en kuiergeleenthede in die sentrale saal, stoeparea of die knus restaurant en kroeg.
Hierdie eenheid is perfek vir diegene wat wil afskaal sonder om kwaliteit van lewe prys te gee, en hul aftreejare wil deurbring in die rustigheid van die bosveld.
Disclaimer: Century 21 Bushveld strives to provide accurate and up-to-date information. However, we do not guarantee, either expressly or implicitly, the accuracy, completeness, or usefulness of any information presented, and therefore we disclaim any legal liability, whether direct or indirect, related to the information provided.
Features
Finance
R0,00
R0,00
Disclaimer
While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.