R1,320,000

R1,320,000

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong
2
Bedrooms
2
Bathrooms
2
Garages
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

WAAR GERIEF, RUIMTE EN GELEENTHEID MEKAAR ONTMOET

Web Ref. BSH-RS00930
Land size 565.00 m²
Monthly Bond Repayment
R13,178.61
Netjiese Gesinshuis met Sonnige Stoep en Volledige Woonstel

Hierdie oulike twee slaapkamer, twee badkamer woning met dubbel garage en karafdak vir twee karre is in ’n veilige, gesogte area geleë.
Wanneer jy voor die huis stop, is die afdakke reg voor die woonstelgedeelte, en die woonstel het sy eie ingang deur twee glasdeure.
Dan stap jy deur die dubbel garage na die kombuisdeur waar jy in die oopplan eetkamer en kombuis instap. Die kombuis het mooi houtkaste, en jou sitkamer is ook oopplan met die eetkamergedeelte.
Reg voor jou aan die linkerkant van die eetkamergedeelte is die spaarkamer met baie kaste, groot genoeg om ’n koninggrootte bed te huisves, met sy en-suite badkamer wat bestaan uit ’n bad, toilet en wasbak.
Aan die regterkant van die oopplan sitkamer is die hoofslaapkamer wat een hele muur vol kaste het en baie ruim is, met sy en-suite badkamer wat bestaan uit ’n stort, bad, wasbak en toilet.
Vanuit die sitkamer is daar ’n sonstoep wat uitkyk op die mooi, netjiese tuin.
Wanneer jy by die woonstel van voor instap, is daar jou oopplan sitkamer- en kombuisgedeelte. Die kombuis het nie ’n stoof in nie.
Uit die oopplan kombuis en sitkamer, om die hoek links, is die opwasgedeelte van die kombuis, asook die slaapkamer en badkamer met stort, wasbak en toilet.
Daar is ook ’n agterdeur van die woonstel wat uitloop na die voordeur van die huis. Dus kan jy heeltemal privaat wees, of indien dit familie is, is daar maklike toegang tot die huis.
Die huis is absoluut ideaal vir ’n uitgebreide familie waar ’n ouer of familielid apart wil wees, maar steeds deel van die huishouding kan bly. Dit is ook perfek vir ’n ekstra inkomste deur die woonstel aan ’n enkelpersoon of jong paartjie te verhuur.
Daar is ook ’n buitetoilet beskikbaar, asook ’n stort wat omskep is in ekstra stoorplek met rakke, maar maklik weer herstel kan word aangesien niks verwyder is nie.

Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Monthly Levy R270

Features

Interior
2 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Dining Room
Exterior
2 Garages
2 Parkings
1 Flatlet
Pet Friendly
Sizes
Land Size 565 m²
Additional Amenities
Backup Water
Pantry
Garden
Paveway
Security Post
Listing Info
Date Listed 16-05-26
Time Listed 09:39

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.