R1,435,000

R1,435,000

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong
2
Bedrooms
2
Bathrooms
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden

• “JOU PLEK IN DIE NATUUR: Veilige leefstyl met wildlewe en gerief!”

Web Ref. BSH-RS00890
Floor size 88.00 m²
Monthly Bond Repayment
R14,326.75
GRASDAK HUIS MET 2 SLAAP- EN 2 EN-SUITE BADKAMERS, MOOI UITSIG EN RUIM LAPA IN DIE GEWILDE DIE OOG AFTREE LANDGOED

Hierdie huis op Die Oog Aftree Landgoed bied ’n oop ruimte aan die voorkant met ’n pragtige uitsig oor ’n waterloop en mooi, gevestigde bome – ’n besonder rustige en natuurlike omgewing. Die huis beskik oor twee slaapkamers en twee badkamers, asook ’n sitkamer, kombuis en ’n ekstra klein vertrek wat perfek ingerig kan word as ’n stokperdjie-kamer of tuiskantoor. Daar is ook genoeg ruimte vir 'n ekstra enkelbed.

Die lapa is buitengewoon groot en gerieflik naby die huis geleë, wat dit effektief deel maak van die leefarea en ideaal is vir ontspanning en onthaal. Hier is waar jy jou dae sal deurbring en die natuur en dierelewe geniet.

Jy stap in by hierdie grasdak-huis deur ’n hekkie wat toegang gee tot die ruim lapa met ’n ingeboude braai. Van hier af betree jy die huis deur die kombuisdeur of skuif glasdeur, waar ’n knus maar gerieflike kombuis met voldoende kasruimte jou verwelkom. Vanuit die kombuis is die sitkamer aan die regterkant, met die kantoor-/stokperdjie-kamer aan die verste punt.
Aan die linkerkant van die kombuis is die hoofslaapkamer met ’n en-suite badkamer wat toegerus is met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer, wat ook 'n deur in die kombuis het, beskik oor ’n en-suite badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Die grootste voordeel van hierdie eiendom is sy uitstekende ligging – ’n ideale keuse vir persone wat wil afskaal, maar steeds oop ruimtes en die natuur wil geniet. Die tuin word gereeld besoek deur wild soos bosbokkies, njalas en kleiner diertjies soos gebande muishondjies, wat dit besonder aantreklik maak vir liefhebbers van die natuurlewe.
Bykomende voordele van eiendomsbesit in Die Oog Aftreelandgoed sluit in toegang tot ’n gemeenskaplike warm swembad, gesubsidieerde etes by die restaurant teen ongeveer R63 per maaltyd, asook "frailcare"-dienste teen ’n billike tarief.

Die leuse van Die Oog is “aktiewe veroudering”, en inwoners kan deelneem aan ’n wye reeks aktiwiteite soos putt-putt, jukskei, biljart op die stoep, gesellige kuieraande, lyndans, asook oefenprogramme soos Pilates, MAP en wateraërobiese klasse. Daar is ook ’n klein gimnasium met die nodige toerusting.

Kom geniet jou laaste tuiste in ’n veilige omgewing, met ’n aktiewe leefstyl, ’n omgee gemeenskap en alles wat jy benodig binne maklike bereik.

Alhoewel alle redelike pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting te verseker, aanvaar Century 21 Bushveld en sy agente geen aanspreeklikheid vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet deur voornemende kopers onafhanklik geverifieer word.

Features

Interior
2 Bedrooms
2 Bathrooms
1 Kitchen
1 Lounge
1 Dining Room
Exterior
2 Parkings
Pet Friendly
Sizes
Floor Size 88 m²
Additional Amenities
24 Hour Response
Built In Braai
Smoking Allowed
Lapa
Clubhouse
Garden
Paveway
Security Post
Safe
Wendy House/Shed
Blinds (If Purchaser is not interested in the blinds the Seller will remove it)
Cupboard in 2nd Bathroom (Negotiable)
Cupboard in Bedroom (Negotiable)
Cupboard in Study (Negotiable)
Listing Info
Date Listed 26-03-26
Time Listed 15:54

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're
looking for?

Disclaimer

While every effort will be made to ensure that the information contained within the Century 21 South Africa website is accurate and up to date, Century 21 South Africa makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.